WISKUNDE-ONDERSTEUNING • GRAAD 6–12

Waar selfvertroue groei en Wiskunde sin maak.

Gestruktureerde Wiskunde-ondersteuning in klein groepe, met oorspronklike WW-leermateriaal, Learning Checks en doelgerigte terugvoer — gebou om leerders te help dink, verstaan en groei.

✓ Maksimum 3 leerders ✓ Lesse van 45 minute ✓ 8 lesse per kwartaal
DENKELeer om die struktuur raak te sien.
BEGRIPWeet waarom ’n metode werk.
GROEIVan ondersteuning na onafhanklikheid.
SUKSESSelfvertroue wat op begrip rus.

WAAROM WISKUNDE WERF?

Meer as ekstra klasse.

WW is ’n volledige leer- en terugvoerstelsel. Elke les is doelbewus gestruktureer om begrip, vaardigheid en redenasie saam te ontwikkel.

01

Klein groepe

Maksimum drie leerders beteken meer tyd om te vra, te verduidelik en presies te sien waar iemand vassteek.

02

WW-oorspronklik

Ons skep ons eie vrae, voorbeelde, diagramme en verduidelikings — met ’n herkenbare WW-stem en sterk Suid-Afrikaanse konteks.

03

Hoë standaard

CAPS-belyning is die minimum. Ons bou doelbewus na sterk probleemoplossing, algebraïese redenasie en selfstandige denke.

04

Terugvoer wat lei

Learning Check-data en tutorwaarneming help bepaal wat volgende verduidelik, geoefen of verbeter moet word.

HOE WERK ’N WW-LES?

45 minute. Duidelike doel. Geen mors.

1

Hersien & fokus

Ons aktiveer die kernkennis wat vandag se werk nodig het.

2

Verduidelik

Komplekse idees word klein, logiese stappe — met aandag aan taal, notasie en tipiese foute.

3

Saam oefen

Die tutor modelleer denke en vra die leerder om keuses te motiveer.

4

Probeer self

Steierwerk verminder en die leerder neem meer beheer oor die oplossing.

5

Learning Check

’n Kort digitale toets wys wat vas is en wat volgende aandag nodig het.

DIE WW-STELSEL

Nie net ekstra somme nie. ’n Volledige leerlus.

Elke deel van Wiskunde Werf werk saam: ’n gestruktureerde les, doelgerigte oefening, ’n kort Learning Check en terugvoer wat wys wat volgende aandag nodig het.

01

Verstaan

Ons begin by betekenis: taal, notasie, patrone en waarom ’n metode werk.

02

Oefen

Steierwerk verminder geleidelik totdat die leerder self die metode kan kies en toepas.

03

Learning Check

’n Kort digitale kontrole wys wat vas is en waar daar nog onsekerheid is.

04

Verbeter

Resultate en tutorwaarneming help bepaal wat volgende hersien, verduidelik of verdiep moet word.

WW-LEERMATERIAALOorspronklik • gestruktureerd • doelgerig
Voorbeeld van die Wiskunde Werf-leerbladstruktuur

Illustrasie van die WW-leerbladstruktuur. Werklike lesmateriaal word per graad en onderwerp opgebou.

WAAROM DIT WERK

Die werkkaart en platform praat met mekaar.

Die leerblad dra die kernonderrig. Die Learning Check toets die belangrikste begrip kort daarna. Só kry ons nie net ’n punt nie — ons kry ’n aanduiding van waar die volgende gesprek moet begin.

✓

In die les: verduidelik, modelleer en oefen.

✓

Ná die les: voltooi ’n kort Learning Check.

✓

Vir die tutor: sien patrone in begrip en foute.

✓

Volgende keer: fokus waar dit die meeste waarde toevoeg.

VIR WIE IS WW?

Ondersteuning vir verskillende beginpunte.

01

“Ek is onseker.”

Vir die leerder wat begin twyfel het en ’n veilige plek nodig het om vrae te vra en die fondament weer sterk te maak.

02

“Ek verstaan partykeer.”

Vir die leerder wat die basiese idee ken, maar meer konsekwentheid, metodekeuse en oefening nodig het.

03

“Ek wil verder groei.”

Vir die sterk leerder wat nie net vinniger wil werk nie, maar dieper wil redeneer en moeiliker probleme wil aanpak.

WW LEERPLATFORM

Vordering word sigbaar.

Leerders voltooi kort Learning Checks met onmiddellike terugvoer. Die resultate word privaat gebruik om patrone raak te sien en toekomstige ondersteuning meer doelgerig te maak.

  • Onmiddellike reg/verkeerd-terugvoer
  • Resultate per graad, groep, les en datum
  • Sterk areas en areas om te hersien
  • Private tutor- en adminresultate
  • Tutorterugvoer ná die les vir voortdurende verbetering
Gaan na WW Leerplatform
WW Learning Check
83%Gemiddelde voorbeeld
Begrip
Vaardigheid
Redenasie

Nie ’n regte leerderprofiel nie — net ’n illustrasie van hoe WW-data help fokus.

GRAAD 6–12

Een WW-stelsel. Elke graad op sy regte vlak.

Graad 6Fondasie, getalbegrip en selfvertroue
Graad 7Oorgang na sterker algebra en meetkunde
Graad 8Strukture, verhoudings en algebraïese denke
Graad 9Gevorderde algebra, funksies en grafieke
Graad 10Verdere FET-ontwikkeling
Graad 11–12Toekomstige uitbreiding van die WW-reeks
Vicky Koortzen by die National Teaching Awards 2026
2026 NATIONAL TEACHING AWARDS Excellence in Teaching Mathematics (GET) 2de naaswenner · Kaapse Wynland Onderwysdistrik
JOU TUTOR

Ervare onderwyser. Wiskunde-leier.
Toegewy aan begrip.

Wiskunde Werf is gebou rondom ’n eenvoudige beginsel: ’n leerder moet nie net ’n metode kan naboots nie — die leerder moet verstaan waarom dit werk.

Vicky Koortzen is ’n ervare onderwyser in Wiskunde en Natuurwetenskappe en vakleier met ’n besondere fokus op konseptuele begrip, selfvertroue en doelgerigte ondersteuning.

Klein groepePersoonlike aandag en ruimte om vrae te vra.
Lesse van 45 minuteGefokus, gestruktureerd en doelgerig.
WW-leerprosesDenke → Begrip → Groei → Sukses.

Erkenning: 2026 National Teaching Awards — Excellence in Teaching Mathematics (GET), 2de naaswenner in die Kaapse Wynland Onderwysdistrik.

PRYSE & STRUKTUUR

Eenvoudig en voorspelbaar.

INDIVIDUEEL / ADDISIONEEL

Los les

R180 / les

Waar toepaslik en volgens beskikbaarheid.

VIR OUERS

Jy hoef nie net te hoor “dit was oukei” nie.

WW se terugvoerstelsel maak dit makliker om te sien wat ’n leerder reeds bemeester het en waar verdere ondersteuning nodig is. Dit gee die tutor én ouer ’n beter basis vir gesprek en opvolg.

Ons meet nie net punte nie.

Ons kyk ook na begrip, metodekeuse, tipiese foute, tempo en onafhanklikheid.

GEREED OM TE BEGIN?

Laat Wiskunde weer sin maak.

Plekke is beperk om die kleingroepstandaard te beskerm.

Doen aansoek om ’n plek. Elke aansoek word persoonlik nagegaan.